Dinsdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
1 KONINGS 18
Elia en die profete van Baäl
1Na 'n lang tyd, dit was omtrent drie jaar, het die woord van die Here tot Elia gekom en gesê: “Gaan na Agab toe. Moenie langer vir hom wegkruip nie. Ek wil dit weer in die land laat reën.”
2Elia het na Agab toe gegaan. Die swaar hongersnood het nog voortgeduur in Samaria.
3Agab het vir Obadja, die paleisopsigter, na hom toe laat kom. Obadja het die Here pligsgetrou gedien. 4Toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het, het Obadja honderd geneem en hulle vyftig-vyftig in grotte weggesteek en hulle van kos en water voorsien.
5Agab het vir Obadja gesê: “Kom ons trek deur die land, na elke fontein en spruit toe. Dalk kry ons gras om die perde en muile aan die lewe te hou. Dan hoef ons nie van hulle dood te maak nie.”
6Hulle het die land tussen hulle verdeel. Agab het alleen in een rigting gegaan, en Obadja alleen in 'n ander rigting.
18 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

HANDELINGE 1 4Terwyl Hy 'n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. 5Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n…
26 Nov 1AM 15 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

LUKAS 8 39“Gaan terug na jou huis toe en vertel alles wat God vir jou gedoen het.” Hy het toe gegaan en die hele dorp deur bekend gemaak wat Jesus vir hom gedoen het.
24 Nov 1AM 16 min