Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

Loading player...
MATTEUS 25

Die profetiese rede: die laaste oordeel
31“Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. 33Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.
34“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’
11 Jan 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

DEUTERONOMIUM 26 Die eerste opbrengs van die oes 1“Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God aan jou gee as jou eiendom en jy dit besit en jy daarin woon, 2moet jy van elke eerste oes wat jy insamel in die land wat die Here jou God…
17 Feb 1AM 12 min

Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

1 SAMUEL 17 38Saul het sy eie uitrusting vir Dawid laat aantrek: hy het 'n bronshelm op sy kop gesit en hom 'n harnas laat aantrek, 39en Dawid het Saul se swaard bo-oor sy uitrusting vasgegord. Maar hy kon nie loop nie, want hy was dit nie gewoond nie. Dawid…
15 Feb 12PM 18 min

Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

PSALMS 131 Ek het rus gevind 1'n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. 2Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind…
15 Feb 2AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

EFESIËRS 3 Die gebed van Paulus vir die Efesiërs 14Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. 16Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan…
14 Feb 1AM 15 min