“Ons gaan nêrens nie.” Só sê Henry Jacobs, stigter van die CYFS-organisasie in Wellington

Loading player...
“Ons gaan nêrens nie.” Só sê Henry Jacobs, stigter van die CYFS-organisasie in Wellington, nadat die Drakenstein-munisipaliteit dié organisasie tot einde November gegee het om die geskiedkundige Safmarine-saal in Wellington te ontruim.

Die munisipaliteit sou die eiendom in Van Wyksvlei verlede jaar sloop maar Jacobs het toe ingespring en ‘n ooreenkoms met hulle aangegaan vir die huur van die gebou. Die voorwaarde was dat hy dan self verantwoordelik vir die herstelwerk sou wees.

Jacobs het sedert verlede jaar bykans R100 000 uit sy eie sak spandeer om die gebou op te knap en weer veilig te verklaar. Sedertdien word meer as 46 programme en regeringsdienste by dié saal deur CYFS moontlik gemaak.

Die munisipaliteit se skielike aankondiging dat die organisasie wat die gebou herstel het nou moet ontruim, het inwoners aan die gons.

#YourNewsYourViews #KCTalk #RasaadAdams
20 Nov 2025 Afrikaans South Africa Government

Other recent episodes

Phase 2 Nieuwedrift Cemetery in Paarl underway

Phase 2 of the Nieuwedrift Cemetery development in Paarl is currently underway. This expansion is a priority for the Drakenstein Municipality to address the high demand for burial space, as the Klein Parys Cemetery has nearly reached its full capacity. Manager of Cemeteries and Resorts Malusi Mdoda provides an update.
9 Apr 15 min

Drakenstein aims to re-open historic De Kraal end of March

Drakenstein Municipality plans to re-open the historic De Kraal multi-purpose sports facility in Paarl by the end of March. This legacy project aims to revive the facility. We speak to MMC for Tourism, Sport and Recreation Laurichia van Niekerk.
5 Mar 49 min

Call for donations following fire at Wellington Children's Home

Rasaad Adams speaks to Karen Petersen, marketing and fundraising manager at House Andrew Murray Children's Home in Wellington, following a devastating fire on Tuesday 17 February that left several young residents without their belongings. The NPO is urgently appealing for public donations to support the affected youth as the home…
19 Feb 15 min