Kollig episode 52 | Aftrede – Dr Thys Smith vertel meer oor hierdie lewensfase

Loading player...
Die lewensfase na aftrede trek wêreldwyd aandag. Mense leef langer en werk langer. Dit het “statuur gekry” sê dr Thys Smith van Wellington. Hy het self al drie keer afgetree en op 79 het hy ook ’n boek geskryf oor die tema van sinvol aftree.

Hy sê een van die belangrike dinge wat hy ontdek het ’n mens met aftrede moet weet is dat jy aftree nie om te gaan stil sit nie, maar om aan te tree vir ’n nuwe lewensfase. Een met sy eie unieke uitdagings, geleenthede en genietinge. Só vertel hy vir Heléne Meissenheimer vir hierdie aflewering van Kerkbode Kollig. In ons podsending van so 15 minute vertel hy meer oor die leefwêreld van ouer mense vandag na aanleiding van sy boek, Anderkant 65: Aftrede en daarna.

Dr Thys Smith se boek kan aanlyn bestel word by CLF (R230). Kyk ook uit vir die onderhoud met hom in die Desember-uitgawe van LiG, susterpublikasie van Kerkbode.
15 Dec Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min