KRAG VAN DIE BYBEL - 57 - Pasga-Psalms en die Laaste Avondmaal: Die Exodus-pad na Jesus

Loading player...
In hierdie episode van die Potguy Reeks: The Exodus Way luister ons weer saam na Bible Project se gesprek tussen Tim en John, waar hulle diep delf in Pasga-Psalms (Psalms 113–118) en hul betekenis tydens die Laaste Avondmaal van Jesus.

Ons ontdek hoe die hele Bybel oor Jesus getuig, en hoe die Pasga-verhaal, die Exodus uit slawerny en die gesing van die Hallel-Psalms wys na God se groot verlossingsplan – ’n plan om dit wat gebreek is, weer heel te maak. Hierdie boodskap kontrasteer skerp met ’n kommersiële wêreldbeskouing van Kersfees en nooi ons om weer vars te kyk na die ware betekenis van hoop, bevryding en genade.

Die gesprek help ons verstaan wat Jesus en sy dissipels waarskynlik gesing het ná die Pasga-maaltyd voordat hulle na Getsemane gegaan het, en hoe hierdie Psalms die storie van slawerny, bevryding en koninklike roeping vertel – van Egipte tot by die kruis.

Ons reflekteer ook oor hoe hierdie antieke waarheid vandag nog op ons lewens van toepassing is, veral in ’n tyd waar die druk van die lewe en feesgetye swaar kan voel.
Jy is hartlik welkom om saam te luister, saam te groei en deel te word van hierdie blye boodskap van God se liefde en genade.

Bly ingeskakel en luister nou na die Bible Project Potgooi – net hier op Kaapse Kansel.
14 Dec Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KRAG VAN DIE BYBEL - 56 - Israel se Verlossing en die Lied van die See

Sluit aan by Bybel Projects se podcast waar ons die diep betekenis van die Eksodus-verhaal ontdek – van die bevryding van Israel uit Egipte, deur die wildernis, tot die beloofde land. Luister na Tim en John terwyl hulle die drie belangrikste tema’s ontleed: die uittocht uit die slaverny, die pad…
7 Dec 1 hr 27 min