Route326: Dirk Chase 'hou dit BASIC' in die nuwe jaar

Loading player...
Ons almal praat oor goals, drome en groot planne — maar wat as die antwoord nie méér is nie, maar eenvoud? Dirk Chase spreek hierdie tema aan is sy boek BASIC.

In 'n wêreld vol chaos en afleiding, wat as die antwoord op vervulling eenvoudig is... om terug te gaan na die basiese beginsels?

BASIC. Dis so eenvoudig. is 'n selfhelpgids wat lesers inspireer om die geraas weg te stroop en weer te verbind met wat werklik saak maak. Of jy nou verlore, oorweldig of eenvoudig vasgevang voel, hierdie boek is jou uitnodiging om helderheid, doel en vrede te herontdek.

Verken:
– Die krag van meditasie en bewustheid
– Hoe om teenwoordig te wees en aandag te gee aan die wêreld rondom jou
– Gereedskap om jou denke en jou lewe te vereenvoudig
– 'n Vars, praktiese pad na 'n lewe met vreugde en betekenis

Lees met 'n oop gemoed - jy mag dalk uitgedaag word, en dis die punt.

Laat hierdie boek jou metgesel wees op die reis na 'n buitengewone lewe deur die basiese beginsels te bemeester.
12 Jan Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min