Oom Kosie se Getuienis: ’n Naby-Dood Ervaring, God se Krag en ’n Geloofskrisis

Loading player...
In hierdie kragtige en diep roerende podcast deel ons die merkwaardige getuienis van oom Kosie – ’n ware verhaal van ’n naby-dood ervaring, intense lyding en ’n ontmoeting met die Heilige God van Hemel en Aarde.

Die storie, oorspronklik bekend gemaak deur Lucht Tydskrif onder die tema “God se Krag en My Krisis”, neem ons terug na 2018 toe ’n ernstige werksongeluk oom Kossie se lewe vir altyd verander het. Terwyl hy tussen lewe en dood sweef, beleef hy visioene, hoor hy ’n stem, en word hy herinner aan die woorde van Lukas 23:42–43, waar Jesus sê:
“Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

Hierdie podcast is meer as net ’n storie — dit is ’n oproep tot vergifnis, om jou verhoudings reg te maak, jou geloof te herstel, en jou saak met God reg te kry. Oom Kosie se ervaring herinner ons aan die werklikheid van die ewigheid, die bediening van engele, en die genade wat beskikbaar is vir elkeen wat luister.
15 Jan English South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Simone Govender on Music, Faith & Hope | The Story Behind “Towards the Sun”

In this inspiring podcast episode, we sit down with South African singer-songwriter Simone Govender, one of the country’s rising musical voices, currently charting and sharing stages with artists like Prime Circle, Matthew Mole, and Jesse Clegg. Simone opens up about her journey from classical piano to acoustic guitar, finding her…
23 Jan 10 min

DR. RINA DE KLERK-WEYER - Waarom Klein Gewoontes Jou Emosionele Intelligensie Verander

In hierdie insiggewende podcastgesprek gesels ons met Dr Rina de Klerk-Weyer, een van Suid-Afrika se voorste sprekers en leer- en ontwikkelingsafrigters oor emosionele intelligensie (EQ). Ons fokus op waarom klein, konsekwente gewoontes – soos genoeg slaap, gereelde beweging, gesonde eetgewoontes, sterk verhoudings en dankbaarheid – die ware fondament is vir…
26 Jan 13 min