Saterdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
PSALMS 8
Lof aan die Skepper
1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid.
2Here, ons Here,
hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde,
hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
3Kinders en suigelinge besing die magtige werk
wat U tot stand gebring het.
So word u teëstanders,
die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.
4As ek u hemel aanskou,
die werk van u vingers,
die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,
5wat is die mens dan
dat U aan hom dink,
die mensekind dat U na hom omsien?
6U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak
en hom met aansien en eer gekroon,
7U laat hom heers oor die werk van u hande,
U het alles aan hom onderwerp:
8skape en beeste, alles;
selfs die diere in die veld,
9die voëls in die lug,
en die visse in die see
wat die oseane deurkruis.
10Here, ons Here,
hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!
17 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

DIE OPENBARING 3 Die boodskap aan Filadelfia 7Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop…
28 Jan 1AM 10 min