Kollig episode 54 | Kerkwees in krisistye: Marinda van Niekerk van Respond SA in gesprek met ander

Loading player...
Ons is besig om dié vliegtuig in die lug te bou. Só vertel dr Marinda van Niekerk oor Respond SA, die interkerklike ramphulporganisasie wat in Februarie 2024 formeel op die been gebring is en waarvan sy hoof is.

In hierdie wydlopende gesprek vertel twee gemeenteleraars van hulle ervaring van die goed én sleg wat tydens ramphulp kan gebeur. Vanuit die kantoor van die Algemene Sinode vertel dr Nioma Venter, ’n kenner met wye ervaring van kerklike netwerke en ook medestigter van Respond SA, wat vir haar die geskenke is wat die kerk in krisistye het om te gee. Sy noem dit die drie C’s (Convene, Connect, Communicate in Engels) en bring ’n vierde een in: Christus want “sy liefde dring ons”. Sy verduidelik ook hoe die noue verbintenis tussen die NG Kerk en Respond SA werk soos gesien met hulpaksies na die verwoestende vloede in Januarie in die noorde van die land.

Navrae: dr Marinda van Niekerk op national@respondsa.co.za en dr Nioma Venter by niomav@ngkerk.co.za
Chapters
  • 02:10 Ds Joe Janse van Rensburg van NG Gemeente Jeffreysbaai vertel meer oor die interkerklike ramphulpfonds wat die NG Kerk van Oos-Kaapland geïnisieer het. Hy lig dit toe met ’n storie van ’n boer wat hom gebel het toe sy plaas afbrand.
  • 06:22 Ds Schalk van Heerden van Betereinders vertel van hulle onlangse hulpuitreik saam met sy gemeente Fontainebleau na Mosambiek.
  • 13:45 Dr Nioma Venter vertel meer oor wat kerke in krisistye kan bied. Sy noem dit die drie C’s en voeg ’n vierde een by.
  • 18:01 Dr Marinda van Niekerk vertel wat Respond SA is en wat hierdie interkerklike netwerk wil regkry.
  • 21:30 Ds Schalk van Heerden gee sy motivering om selfone die vyfde C te noem.
  • 25:03 Dr Marinda van Niekerk moedig gemeentes, groot en klein, aan om by Respond SA betrokke te raak.
  • 29:26 Dr Nioma Venter verduidelik meer oor die verbintenis en samewerking tussen haar kantoor by die NG Kerk se Algemene Sinode, dié kerk se nege streeksinodes en Respond SA.
2 Feb Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes