RUDI NAGEL - Vrug van die Gees: Vrede wat Jou Lewe en Verhoudings Verander

Loading player...
In hierdie inspirerende podcast-episode op Radio Kaapse Kansel gesels ons oor die vrug van die Gees uit Galasiërs 5:22–23, met spesifieke fokus op vrede as ’n lewensveranderende faset van die Christenlewe.

Wat beteken ware innerlike vrede? Hoe beïnvloed vrede jou binnelandse sake — die ruimte tussen jou twee ore — sowel as jou “buitelandse sake”, jou verhoudings met ander mense? Ons kyk na hoe die vrede van die Heilige Gees nie net jou gemoed kan kalmeer nie, maar ook jou gesin, werkplek en gemeenskap positief kan beïnvloed.
10 Feb Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Getrouheid as Vrug van die Gees

In hierdie episode van die Motiveringsboodskap op Radio Disa en Radio Kaapse Kansel gesels Rudi Nagel oor getrouheid as een van die nege fasette van die vrug van die Gees uit Galasiërs 5:22-23. Hy verduidelik dat getrouheid nie iets is wat mens op die ingewing van die oomblik kan beoefen…
17 Nov 10 min

Sagtheid is nie Swakheid nie: Die Vrug van die Gees en Gentleness

In hierdie motiveringsboodskap op Radio Kaapse Kansel 729 AM gesels Rudi Nagel met Anton oor die vrug van die Gees uit Galasiërs 5:22–23 – die nege fasette van een vrug wat die Heilige Gees vir elke gelowige beskikbaar stel: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Hy…
3 Nov 9 min