Jean-Louis in Gesprek met Anneri Luck: Wat die Nasionale Begroting vir Jou Sak Beteken

Loading player...
Jean-Louis gesels met Anneri Luck, Direkteur van Belasting by PwC, oor die jongste Nasionale Begroting wat deur die Minister van Finansies ter tafel gelê is. Saam ontleed hulle die belangrikste hoogtepunte uit die begroting, bespreek die positiewe aspekte van die toespraak en lig moontlike bekommernisse uit wat belastingbetalers kan raak.

Hulle kyk ook na nuwe belastingvoorstelle, veranderinge aan belastingkoerse en wat Suid-Afrikaners vorentoe kan verwag. ’n Praktiese en insiggewende gesprek oor wat die begroting regtig vir jou sak beteken.
27 Feb 1AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Maatskaplike Voorsorgvoordele verhoog vanaf 1 Oktober: Wat beteken dit vir jou?

Goeie nuus vir Namibiese werkers: Sekere voordele van die Maatskaplike Voorsorgkommissie word vanaf 1 Oktober verhoog. Maar wat beteken hierdie veranderinge prakties vir jou? In hierdie gesprek bespreek ons die verhoogde kraam-, siekte-, aftree-, ongeskiktheids- en sterftevoordele. Wie kwalifiseer, hoeveel kan jy ontvang en gaan jou maandelikse bydrae verander? Vandag…
24 Sep 3AM 10 min

Bek-en-klouseer in Namibië: Wat beteken die uitbreking?

Jean-Louis Knouwds gesels oor die jongste bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, nadat die siekte onder beeste op ’n kommersiële plaas in die Karasburg Staatsveeartsenydistrik bevestig is. Wat is bek-en-klouseer presies, hoe versprei die siekte en hoe ernstig is dit? Ons kyk ook na die impak van die uitbreking op boere, die Namibiese…
24 Sep 2AM 12 min

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM

Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM en hoe dit moontlik kan help met alledaagse liggaamspyn en seer gewrigte. Of jy nou ’n atleet is met seer knieë, of iemand wat daagliks met gewrigspyn en pyn in jou liggaam sukkel – ThreshHold kan moontlik ’n rol speel,…
23 Sep 4AM 11 min

Maak Spore: Megan Gevers oor die Light of Hope-inisiatief

Elmero Strauss gesels met Megan Gevers, Miss Elite Face of Hope Namibia 2026, oor die Light of Hope-inisiatief. Hulle fokus op die uitreik na kwesbare kinders, ondersteuning aan mense sonder ’n tuiste en die belangrikheid van omgee en diens aan ander. ’n Inspirerende gesprek oor hoop en hoe selfs klein…
22 Sep 7AM 9 min

Wêreld-renosterdag: Hou die Vyf Aan die Lewe

Op Wêreld-renosterdag gesels ons met Simson Uri-Khob, hoofuitvoerende beampte van Save the Rhino Trust, oor vanjaar se tema: “Keep the Five Alive.” Ons kyk na Namibië se sukses met die bewaring van vrylopende swartrenosters, die grootste bedreigings vir ons renosterbevolking, en hoe plaaslike gemeenskappe, veldwagters en moderne tegnologie ’n belangrike…
22 Sep 2AM 5 min