Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

Loading player...
SPREUKE 3

3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie;
leef daarmee saam,
maak dit 'n deel van jou lewe.
4So sal jy guns verwerf en byval vind
by God en mens.
5Vertrou volkome op die Here
en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.
6Ken Hom in alles wat jy doen
en Hy sal jou die regte pad laat loop.
7Moenie dink jy het die wysheid in pag nie,
dien die Here en vermy wat sleg is:
8dit is die geneesmiddel vir jou,
die verkwikking vir jou liggaam.
11 Mar 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdagoggend - Ds Zak Scholtz

JEREMIA 23 Die regverdige koning 1Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here. 2Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het…
20 Jun 2AM 14 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

EKSODUS 15 Die Here is oorwinnaar in die stryd 1Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is. Perd en strydwa het Hy in die see geslinger. 2Die Here is my…
19 Jun 2AM 10 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
18 Jun 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

GENESIS 17 Die besnydenis as verbondsteken 1Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg! 2Ek sal my verbond met jou sluit en baie, baie mense uit jou laat voortkom.”…
17 Jun 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

EKSODUS 3 God openbaar Hom aan Moses 1Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, 'n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het. 2Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n…
16 Jun 2AM 9 min