KOPSKUIF - Ontsluit Kreatiwiteit in Jong Geeste: Gera Louw van Studio Spotlight Deel Praktiese Wenke

Loading player...
In hierdie inspirerende podsendings-episode deel Gera Louw, direkteur van Studio Spotlight, praktiese wenke om kreatiwiteit by jong talent wakker te maak en te ontwikkel.

Geïnspireer deur Albert Einstein se bekende aanhaling dat verbeelding belangriker as kennis is, verduidelik sy Studio Spotlight se unieke holistiese benadering tot die ontwikkeling van kreatiwiteit. Een van Studio Spotlight se handpoppe deel ook ’n spesiale boodskap.
7 Mar Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kopskuif: 4 April 2026

Carina van Wyk, stigter en eienaar van NetSavvy, gesels op 4 April op Kopskuif oor aanlyn veiligheid. Skakel in om praktiese raad en wenke te hoor oor hoe jy jouself aanlyn kan beskerm. Carina gesels oor die waarskuwingstekens waarna gebruikers moet oplet wanneer hulle aanlyn is, asook die belangrikheid van…
4 Apr 43 min

Kopskuif: 11 April 2026

Kopskuif met Mercia Eksteen | 11 April Dr. Kirsten du Toit, wat spesialiseer in kinderberading deur spel- en perdegesentreerde terapie, sluit by ons aan vir ’n insiggewende gesprek oor kinders se emosionele welstand. Luister saam terwyl sy die verskil tussen algemene angstigheid en skeidingsangs by kinders verduidelik, en praktiese, waardevolle…
11 Apr 39 min

KOPSKUIF - Sanet Grobler van Illuminated Growth gesels op 18 April op Kopskuif.

Maak seker jy skakel in om te kom luister hoe Sanet gesels oor haar unieke benadering wat fokus op studiemetodes, leierskapsontwikkeling en emosionele ondersteuning. Sy gesels oor die praktiese kursusse en insiggewende begeleiding waarmee Illuminated Growth ouers met die nodige gereedskap toerus om ’n sterk, gesonde band met hul kinders…
18 Apr 39 min

KOPSKUIF - Halrika Breytenbach oor haar debuutkinderboek: Gertruida Gans leer ‘n les

Op Saterdag 28 Maart gesels Halrika Breytenbach, kommunikasiekonsultant, vryskutjoernalis, skrywer en stigter van die musiekbediening, Halrika Music Ministries op Kopskuif. Halrika gesels oor haar debuutkinderboek, “Gertruida Gans leer ‘n les”, wat pas by Naledi Uitgewers verskyn het. Verder gesels sy oor haar liefde vir woorde en die opbouende krag daarvan…
28 Mar 41 min

KOPSKUIF - Dr Sonia Joubert, 'n sielkundige gesels oor die krag van denke

Dink jy ooit daaroor of jy regtig genoeg vir jouself dink? Hoekom is dit so maklik om net saam met ander se denke te gaan, en hoe ontwikkel ’n mens jou eie, onafhanklike denke? Sielkundige, dr. Sonia Joubert, gesels op Kopskuif oor die krag van denke. In hierdie insiggewende gesprek…
21 Mar 42 min