Episode 8: Is Jou Kind Voorbereid Vir Die Toekomstige Werksplek?

Loading player...
Berei jou kinders se skoolonderrig hulle goed genoeg voor vir die toekomstige werksplek? Nie noodwendig nie – nie eens in alle Afrikaanse skole nie – sê die uitvoerende hoof van die MOS-inisiatief, Roedolf van der Westhuizen.

Hy glo dat al hoewel meeste Afrikaanse skole puik positiewe karakter in leerlinge ontwikkel, die onderriginhoudskwaliteit nie altyd kers vas hou nie.

Met waardes soos toekomsgerigtheid en ‘n fokus op lewenslange leer, is MOS se bywoning van die wêreld se grootste opvoedkundige tegnologie en onderwysskou, die British Education  Training Technology Show in Londen, noodsaaklik.

Die man aan MOS se stuur van innovasie, tegnologie en bemarking, Wikus Breetzke, en Roedolf gesels oor hulle onlangse besoek aan BETT UK.
22 Sep 2023 Afrikaans South Africa Education · Kids & Family

Other recent episodes

Epsisode 6: Hoe Werk Die Brein Tydens Leer?

Ons gesels met Lieb Liebenberg en Wikus Breetzke oor hoe die brein werk en wat gebeur as mens leer. Daar bestaan baie mites oor die brein, soos die idee dat mense slegs 10% van hul brein gebruik, maar in werklikheid word alle dele van die brein tydens take benut. Navorsing…
25 Aug 2023 52 min

Episode 2: Aanpasbare Kinders Sal Floreer

Ouers vrees die toekoms, want die nuwe wêreld waarop hulle hul kinders moet voorberei is ’n wêreld wat nie in hul verwysingsraamwerk bestaan nie. Aldus Hettie Brittz, ’n lewensafrigter en skrywer met ’n passie vir die uniekheid van kinders en bemagtiging van ouers. Die MOS-inisiatief fokus juis daarop om met…
20 Jun 2023 39 min

Episode 3: Verskillende Maniere Hoe Kinders Leer

Leonie Marques en Wikus Breetzke deel waardevolle inligting oor die maniere waarop kinders kan leer. Die leerproses behels die vorming van neurale banke, en as jy leer, is dit belangrik om hierdie neurale banke te versterk. 'n Manier om dit te doen, is deur die inligting te herhaal. Dit kan…
7 Jul 2023 36 min

Episode 4: Die Mites & Onvermydelike Essensie Van Wiskunde

Al ooit daaraan gedink dat wiskunde die enigste vak is wat tel? Al is hierdie opmerking bloot tong in die kies, is twee wiskundeonderwysers, Annalie Eybers en Linda Jansen dit eens dat baie ouers die fout maak om te dink wiskunde is iets wat ʼn kind by die skool leer…
28 Jul 2023 37 min