Episode 1: Ons Wil Ouers Help Anders Dink Oor Onderrig

Loading player...
In die loodsepisode van ’n Pot Vol Kennis Potgooi Reeks gesels Jacques Basson met Wikus Breetzke, wat aan die stuur staan van innovasie, tegnologie en bemarking by die MOS Inisiatief.

Die naam ‘MOS’ verwys na die Moedertaal in Onafhanklike Skole, en die doel is om Afrikaanse onderrig te versterk en uit te brei - plaaslik sowel as wêreldwyd.

Ons wil ouers, leerlinge en onderwysers help om anders te dink oor onderrig, en die toekoms van onderrig. Mense besef toenemend dat onderrig nie hoef plaas te vind in ’n konvensionele klassituasie nie.

“Lepelvoer” in onderrig is iets van die verlede, met die rol van die ouer en onderwyser wat meer neig na dié van ’n fasiliteerder, wat met behulp van tegnologie, die brein voed met die regte stimulasie op die regte tyd…
2 Jun 2023 Afrikaans South Africa Education · Kids & Family

Other recent episodes

Epsisode 6: Hoe Werk Die Brein Tydens Leer?

Ons gesels met Lieb Liebenberg en Wikus Breetzke oor hoe die brein werk en wat gebeur as mens leer. Daar bestaan baie mites oor die brein, soos die idee dat mense slegs 10% van hul brein gebruik, maar in werklikheid word alle dele van die brein tydens take benut. Navorsing…
25 Aug 2023 52 min

Episode 2: Aanpasbare Kinders Sal Floreer

Ouers vrees die toekoms, want die nuwe wêreld waarop hulle hul kinders moet voorberei is ’n wêreld wat nie in hul verwysingsraamwerk bestaan nie. Aldus Hettie Brittz, ’n lewensafrigter en skrywer met ’n passie vir die uniekheid van kinders en bemagtiging van ouers. Die MOS-inisiatief fokus juis daarop om met…
20 Jun 2023 39 min

Episode 3: Verskillende Maniere Hoe Kinders Leer

Leonie Marques en Wikus Breetzke deel waardevolle inligting oor die maniere waarop kinders kan leer. Die leerproses behels die vorming van neurale banke, en as jy leer, is dit belangrik om hierdie neurale banke te versterk. 'n Manier om dit te doen, is deur die inligting te herhaal. Dit kan…
7 Jul 2023 36 min

Episode 4: Die Mites & Onvermydelike Essensie Van Wiskunde

Al ooit daaraan gedink dat wiskunde die enigste vak is wat tel? Al is hierdie opmerking bloot tong in die kies, is twee wiskundeonderwysers, Annalie Eybers en Linda Jansen dit eens dat baie ouers die fout maak om te dink wiskunde is iets wat ʼn kind by die skool leer…
28 Jul 2023 37 min