Kollig episode 62 | Waarom moes Jesus weggaan? - Gesprek met dr Coenie Burger oor Hemelvaart
Loading player...
In Handelinge 1 lees ons Jesus het 40 dae na sy opstanding voor sy dissipels se oë in ’n wolk weggeraak. In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels Heléne Meissenheimer met die teoloog en skrywer dr Coenie Burger oor Hemelvaart.
Burger is die skrywer van verskeie boeke oor Jesus se lewe, onder meer ‘Waar is Jesus nou?’. Ook ‘Ons wil Jesus sien’ saam met prof. Marius Nel. In hierdie gesprek gesels ons oor die betekenis van hierdie bekende Bybelse gebeurtenis net voor Pinkster op die kerkkalender.

Chapters
- 00:18 Wat het gebeur toe Jesus in ’n wolk verdwyn het?
- 05:28 Waar is die hemel?
- 07:20 Dis jammer dat ons Pinkster afskeep.
- 09:30 Waar is Jesus nou?
- 10:10 Drie betekenisse van hemelvaart.
- 19:10 Hoekom het Jesus nie alles met sy eerste koms klaargemaak nie?