Ecoskoops - 14 Mei 2026

Loading player...
Op vandag se Ecoskoops waarsku die Wêreldbank se "What a Waste 3.0"-verslag dat wêreldwye munisipale vaste afval met 50% tot 3,9 miljard ton teen 2050 sal styg sonder aksie. Die Advertensieregulerende Raad beslis teen TotalEnergies vir groenwas op "laer CO₂"-dieselbewerings in SA. En Faye O'Connor van One Carbon World deel hoe hulle organisasies help om koolstofvrystellings te meet, te verifieer en te verminder vir netto nul.
14 May Afrikaans South Africa Daily News · Nature

Other recent episodes

Ecoskoops - 9 Julie 2026

Vandag op die program gesels ons met Michelle du Plessis van die Veldgidsevereniging van Suider-Afrika. FGASA is die professionele liggaam wat standaarde vir gidse en spoorsnyers stel en ondersteun. Sy vertel ons meer oor die Safarigids van die Jaar-kompetisie wat die beste professionele safarigidse in Suider-Afrika erken en ten toon…
9 Jul 5 min

Ecoskoops - 7 Julie 2026

Vandag op die program gesels ons met Sarah Barratt van Thornybush Game Lodge, wat as die Safari Gids van die Jaar 2026 gekroon is. Die kompetisie bring van die land se topgidse bymekaar vir vyf dae van intensiewe toetse en velduitdagings. Sarah is slegs die tweede vrou wat hierdie kompetisie…
7 Jul 4 min

Ecoskoops - 2 Julie 2026

Vandag op die program gesels ons verder met CapeNature se fauna-ekoloog, dr. Martine Jordaan. 'n Nuut beskrewe spesie van Paradiplozoon is ter ere van haar vernoem, vir haar diepgaande kennis van die Kaapse Vou-ekostreek, haar voortgesette toewyding aan die bestudering van die visse daarin, en haar werk aan hul parasitofauna.
2 Jul 6 min

Ecoskoops - 30 Junie 2026

Vandag op die program gesels ons met CapeNature se fauna-ekoloog, dr. Martine Jordaan. 'n Nuut beskrewe spesie van Paradiplozoon is ter ere van haar vernoem, vir haar diepgaande kennis van die Kaapse Vou-ekostreek, haar voortgesette toewyding aan die bestudering van die visse daarin, en haar werk aan hul parasitofauna
30 Jun 6 min

Ecoskoops - 25 Junie 2026

Op vandag se program gaan ons voort met ons gesprek met Boitumelo Sethlatswe, Standard Bank se Hoof van Volhoubaarheid. Die WeWork – Groen en Ordentlike Werk vir die Jeug-program ondersteun jong entrepreneurs in Uganda se groen en sirkulêre ekonomiesektore deur middel van sake-inkubasie, afrigting, tegniese bystand en saadtoelaaggeleenthede. En Heirs…
25 Jun 5 min