Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

Loading player...
LUKAS 8

Gelykenis van die saaier
(Matt. 13:1-9; Mark. 4:1-9)
4Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel:
5“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op die pad geval, en dit is vertrap en die voëls het dit opgepik. 6'n Ander deel het op 'n klipbank geval, en nadat dit opgekom het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. 7Nog 'n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik. 8Daar was ook 'n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en 'n honderdvoudige oes gelewer.”
Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”
28 Jun 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

MALEAGI 2 14en julle vra: “Waarom dan nie?” Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het…
10 Jul 2AM 11 min

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

GENESIS 2 24Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. 25Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.
9 Jul 2AM 13 min

Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

GENESIS 2 22en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot 'n vrou en bring haar na die mens toe. 23Toe sê die mens: “Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word; sy is uit die man…
8 Jul 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

GENESIS 2 18Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.” 19Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens…
7 Jul 2AM 12 min

Maandag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

GENESIS 2 7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. 8Die Here God het toe 'n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar…
6 Jul 2AM 13 min