Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

Loading player...
’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is.

Hy is die skrywer van die boek, Wond: Plaasmoorde – dis my mense en een van Kollig se gaste in hierdie episode waarin gepraat word oor die kerk se sorg in die medium en langer termyn vir mense asook gemeenskappe wat erge trauma beleef het. Dit kan wees in die vorm van geweldsmisdaad of natuurrampe soos brande, vloede of droogte. Saam in hierdie gesprek is dr Nioma Venter wat vertel wat die Knysnabrande haar geleer het en traumanavorser, prof Mariette van der Merwe van Noordwes-Universiteit.
Chapters
  • 00:50 Na die trauma van ’n moord: dit het my verras, positief en negatief.
  • 08:17 Hoe kan ’n mens help na trauma?
  • 13:10 Knysnabrande se lesse: Só help gemeentes met nabyheid en momente vir refleksie.
  • 17:18 ‘Heling om my storie te vertel’.
25 Jun Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min