Bizskoops - 23 Julie 2026

Loading player...
Die jaarlikse verbruikersinflasie het in Junie tot vyf persent gestyg en die Padongelukfonds skuld sowat 21-komma-sewe miljard rand in onbetaalde eise.
Ons gaan voort met ons bespreking met politieke en tendensontleder JP Landman oor Suid-Afrika se sukkelende munisipale stelsel en professor Waldo Krugell gee 'n oorsig van die impak van swak munisipale bestuur op die ekonomie.
In internasionale sake-nuus het die Amerikaanse president Donald Trump 'n 50 persent-tarief op 'n wye reeks Kanadese invoere ingestel en plaaslik waarsku Corronation teen die najaag van stygende kunsmatige intelligensie-aandele.
Ten slotte deel die Kliëntervaring- en Platformbestuurder by Just Money, Sarah Nicholson, waardevolle inligting wanneer beleggingsopsies oorweeg word. Sy verduidelik hoe om moontlike beleggingsgeleenthede te verifieer.
23 Jul Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 13 Augustus 2026

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het gestyg tot 33.6%, terwyl die Suid-Afrikaanse Reserwebank direkte beheer oorneem oor sleutel regulatoriese en toesighoudende funksies in die land se nasionale betalingsstelsel. Professor Waldo Krugell verduidelik hoe dele van die ekonomie steeds onder druk is. In internasionale sake-nuus het Nvidia vennootskappe met groot Wall Street-beleggers…
13 Aug 12 min

Bizskoops - 6 Augustus 2026

Eskom se munisipale agterstallige skuld het R119 miljard bereik, terwyl die Suid-Afrikaanse Poskantoor sy eerste ongekwalifiseerde ouditmening in ses jaar ontvang het. Professor Waldo Krugell bespreek die finansiële druk wat die middelklas in die gesig staar. In internasionale sake-nuus het 25 state in die Verenigde State president Donald Trump se…
6 Aug 10 min

Bizskoops - 30 Julie 2026

Op vandag se Bizskoops, die Nasionale Tesourie sal die billike aandelebefondsing vrystel wat voorheen van munisipaliteite teruggehou is, terwyl Sasol produksie by sy Natref-raffinadery verhoog het voor 'n beplande onderhouds-sluiting volgende jaar. Die politieke en tendensontleder JP Landman bespreek waterbestuurshervorming, terwyl Professor Waldo Krugell die Reserwebank se besluit om die…
30 Jul 11 min

Bizskoops - 16 Julie 2026

Op hierdie week se Bizskoops, 'n studie toon dat Suid-Afrikaners hul besteding verminder weens stygende lewenskoste en ons gaan voort met ons gesprek met politieke en tendensontleder JP Landman oor Suid-Afrika se munisipale stelsel. Professor Waldo Krugell gesels oor ekonome en hul voorspellings. In internasionale sake-nuus het wêreldwye beleggersvertroue sy…
16 Jul 9 min

Bizskoops - 9 Julie 2026

Op hierdie week se Bizskoops: Suid-Afrika sal hierdie week sy saak aan die Verenigde State se Handelsverteenwoordiger voorlê, terwyl die Wêreldbank aanbeveel het dat die land sy 15%-korporatiewe belastingkoers na alle Spesiale Ekonomiese Sones uitbrei. Ons gaan voort met ons bespreking met politieke en tendensontleder JP Landman oor Suid-Afrika se…
9 Jul 12 min