Saterdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
2 KONINGS 4
Die weduwee se olie
1'n Vrou van 'n profeet het haar nood by Elisa kom kla: “My man is dood. U weet self dat hy die Here gedien het. Nou het die skuldeiser gekom om my twee seuns te vat en hulle sy slawe te maak.”
2Elisa het vir haar gesê: “Ek sal jou help. Sê vir my: wat het jy in jou huis?”
Sy het geantwoord: “Ek het niks in die huis nie behalwe 'n erdekannetjie olie.”
3Hy het toe gesê: “Gaan leen nou by al jou bure leë kruike, en sorg dat jy nie te min leen nie. 4Dan gaan jy in jou huis in, maak die deur agter jou en jou seuns toe, en gooi elkeen van hierdie kruike vol olie. Soos elkeen vol word, moet jy hom wegpak.”
5Sy is van hom af weg. Sy het die deur agter haar en haar seuns toegemaak. Soos hulle die kruike na haar toe aangedra het, het sy hulle volgemaak. 6Toe die kruike vol was, sê sy vir een van haar seuns: “Bring vir my nog 'n kruik.”
Maar hy het gesê: “Daar is nie meer 'n kruik oor nie.”
Toe het daar nie
1 Aug 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

2 KONINGS 6 Elisa laat 'n byl op die water dryf 1Die profete het vir Elisa gesê: “Die plek waar ons van u onderrig ontvang, het te klein geword vir ons. 2Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.” “Gaan gerus,”…
2 Aug 3AM 24 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

2 KONINGS 3 17Kyk, so sê die Here: Julle sal nie wind of reën sien nie, en tog sal hierdie vallei vol water word, sodat julle en julle slagvee en julle pakdiere kan drink.
31 Jul 2AM 10 min