Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
2 KONINGS 6

Elisa laat 'n byl op die water dryf
1Die profete het vir Elisa gesê: “Die plek waar ons van u onderrig ontvang, het te klein geword vir ons. 2Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.”
“Gaan gerus,” het hy geantwoord.
3Een het vir hom gevra: “Wil u nie met ons saamgaan nie?”
Hy het geantwoord: “Ek sal gaan,” 4en hy het saam met hulle gegaan.
Toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome afgekap. 5Terwyl een besig was om 'n boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy roep toe: “Ag tog, Meneer, en dit was boonop 'n geleende byl!”
6Die man van God het gevra waar die byl ingeval het. Toe die profeet vir hom die plek gewys het, het hy 'n stuk hout afgekap en dit daar ingegooi, en dit het die byl bo laat dryf. 7Hy sê toe vir hom: “Haal dit uit.” Die man het sy hand uitgesteek en dit gevat.
2 Aug 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

2 KONINGS 4 Die weduwee se olie 1'n Vrou van 'n profeet het haar nood by Elisa kom kla: “My man is dood. U weet self dat hy die Here gedien het. Nou het die skuldeiser gekom om my twee seuns te vat en hulle sy slawe te maak.” 2Elisa…
1 Aug 2AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

2 KONINGS 3 17Kyk, so sê die Here: Julle sal nie wind of reën sien nie, en tog sal hierdie vallei vol water word, sodat julle en julle slagvee en julle pakdiere kan drink.
31 Jul 2AM 10 min