Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

Loading player...
GENESIS 16
Abram, Sarai en Hagar
1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy 'n kind in die wêreld wat my eie kan word.”
En Abram het saamgestem met sy vrou.
3Abram was al tien jaar in Kanaän toe Sarai, die vrou van Abram, self vir Hagar, haar Egiptiese slavin, gevat en vir haar man Abram as vrou gegee het. 4Hy het by Hagar gaan slaap, en sy het swanger geword. Toe sy agterkom sy is swanger, het sy haar eienares geminag. 5Toe sê Sarai vir Abram: “Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hê, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my. Mag die Here hierdie saak tussen my en jou uitwys.”
6Maar Abram sê vir Sarai: “Jou slavin staan onder jou. Doen met haar soos jy goeddink.”
Sarai het haar slavin toe sleg behandel, en sy het weggeloop.
14 Sep 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

HEBREËRS 11 Wat geloof is 1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig…
29 Sep 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

HEBREËRS 11 Wat geloof is 1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig…
28 Sep 2AM 9 min

Sondagaand Erediens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 12 24Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. 25Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet…
27 Sep 1PM 25 min

Sondagoggend Erediens - Past Bernard van der Vlies

MATTEUS 4 Die versoeking in die woestyn (Mark. 1:12-13; Luk. 4:1-13) 1Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. 3Die versoeker het toe gekom en…
27 Sep 3AM 28 min