Sondagoggend Erediens - Past Bernard van der Vlies

Loading player...
MATTEUS 4
Die versoeking in die woestyn
(Mark. 1:12-13; Luk. 4:1-13)
1Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.
3Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.”
4Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:
“'n Mens leef nie net van brood nie
maar van elke woord
wat uit die mond van God kom. ”
5Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan 6en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe:
“Hy sal sy engele oor jou opdrag gee
“en:
“Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. ”
7Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. ”
8Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag 9en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”
10Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:
“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. ”
11Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.
Die eerste optrede van Jesus
(Mark. 1:14-15; Luk. 4:14-15)
12Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. 13Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali.
27 Sep 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

HEBREËRS 11 Wat geloof is 1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig…
29 Sep 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

HEBREËRS 11 Wat geloof is 1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig…
28 Sep 2AM 9 min

Sondagaand Erediens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 12 24Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. 25Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet…
27 Sep 1PM 25 min

Vrydag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HEBREËRS 4 Jesus die groot Hoëpriester 14Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan…
25 Sep 2AM 17 min