
Bek-en-klouseer: Wallie Roux oor vleispryse, werkgeleenthede en die pad vorentoe
Loading player...
Hoe raak die bek-en-klouseer-beperkings gewone Namibiërs? Landbou-ontleder Wallie Roux gesels met Kosmos 94.1 oor die druk op die vleisbedryf – van kleinboere en slagpale tot slaghuise, restaurante en kapana-verkopers. Ons bespreek stygende vleispryse, moontlike afdankings en die gevolge vir jou beursie, asook wat nodig is om die bedryf te help herstel.

