
Hoekom 'Perfect' die Vyand van die Lewe Is
Loading player...
In hierdie insetsel op Radio Cape Pulpit 729 AM se "The Get Up and Go Breakfast" met Anton, gesels Janne Pitter oor die krag van gedagtes en die gevaar van perfeksionisme. Sy gebruik die beeld van twee mense by dieselfde rivier – die een sien gevaar en vrees, die ander sien avontuur en pret – om te wys hoe ons gedagtes ons ervaring van die lewe bepaal. Dan fokus sy op die woord "perfect": perfeksionisme is die vyand van die lewe, van vreugde en van ware meesterskap. Sy verduidelik dat net God volmaak is, en dat die gedagte "ek is nie goed genoeg nie" baie mense verlom. Haar uitdaging vir die week: doen dinge nie perfect nie, maar op jou eie manier en voluit – want dit is genoeg. Sy sluit af met die versekering dat die Here ons sal sien en beskerm wanneer ons ons vertroue in Hom stel en voluit leef.

