
Ep. 264 Prof. Elain Vlok: die mite van aftrede en nuwe deure wat oopswaai
Loading player...
Beteken aftrede dat ‘n vaal, vervelige oudag wag? Prof. Elain Vlok praat oor hoe om jouself te herontdek, nuwe struktuur en betekenis aan jou lewe te gee en jou kennis, vaardighede en lewenswysheid anders te benut. Sy gee raad oor struikelblokke soos gesondheidsprobleme en die dood van geliefdes, asook innerlike uitdagings soos vrees, onsekerheid en ‘n gebrek aan selfvertroue of energie. Klein treetjies kan na ‘n dieper, meer betekenisvolle lewe lei.




