Vrydag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

Loading player...
LUKAS 10
Die sending van die twee en sewentig
(Vgl. Matt. 11:20-24)
1Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.
4“Moenie 'n beurs of 'n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 5As julle in 'n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’ 6As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8As julle in 'n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ‘Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’ 10Maar as julle in 'n dorp kom en hulle ontvang julle nie, gaan dan uit in sy strate en sê:
13 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn

JAKOBUS 1 22Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. 23Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: 24hy bekyk homself, gaan van die…
15 Nov 12PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 13 Jesus was die voete van sy dissipels 1Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het…
15 Nov 2AM 18 min

Saterdagoggend - Past Riaan de Bruyn

LUKAS 10 33Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. 34Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom…
14 Nov 1AM 16 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 PETRUS 5 Die ouderlinge moet toesig hou 1As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: 2Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig…
11 Nov 1AM 13 min