Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

Loading player...
JOHANNES 5
Die genesing op die sabbatdag by Betesda
1Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. 5Onder hulle was daar 'n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. 6Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?”
7Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.”
8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.”
9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop.
Dit was 'n sabbatdag.
22 Nov 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Past Bernard van der Vlies

1 SAMUEL 16 Samuel salf 'n ander koning 1Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het? Maak 'n horing vol olie en gaan na Betlehem toe! Ek stuur jou na Isai toe, want onder sy…
29 Nov 12PM 27 min

Sondagoggend Erediens - Past Bernard van der Vlies

HANDELINGE 3 Die genesing van die verlamde man 1Een middag om drie-uur, die tyd van die gebed, was Petrus en Johannes op pad tempel toe. 2Net toe word daar 'n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Sy mense het hom elke dag by die tempelpoort wat Mooipoort…
29 Nov 2AM 30 min

Saterdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HANDELINGE 3 9Al die mense het gesien dat hy loop en God prys; 10maar toe hulle besef dat dit hy is wat voor die tempel by die Mooipoort gesit en bedel het, was hulle baie verbaas en verwonder oor wat daar met hom gebeur het.
28 Nov 1AM 24 min

Vrydag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HANDELINGE 3 8Hy het opgespring en regop gestaan, en hy kon loop. Daarna het hy saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy geloop en gespring en God geprys het. 9Al die mense het gesien dat hy loop en God prys;
27 Nov 1AM 12 min