
#21 21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme
Loading player...
Episode 21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Daar is basies sewe agtervoegsels/suffikse wat in die Afrikaanse verkleiningskonstruksie gebruik word: -ie; -jie; -tjie; -'tjie; -etjie; -kie; en -pie. In hierdie episode word die verskillende tipes woorde waar hierdie morfeme gebruik word, bespreek.