#JouMenseMyMense saam met SPAR – Caden met Prader-Willi Sindroom

Loading player...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Caden met Prader-Willi Sindroom

10 jarige Caden Benjamin van Standerton in Mpumalanga het ‘n baie raar, dodelike en ongeneeslike genetiese afwyking wat bekend staan as Prader-Willi Sindroom. Dit het sy kort lewe tot dusver absoluut oorheers wat dit vir hom moeilik maak om vriende te maak en ‘n normale kinderlewe te geniet.

Caden se ma Zola, moes haar werk waar sy 2de handse klere verkoop, opgee om 24 uur van die dag vir haar seun te sorg. Caden se pa is weg nog voor hy gebore is. Die enigste inkomste vir hierdie enkelma is Caden se R1500 toelaag van die regering en soms ‘n donasie van ‘n vreemdeling. Caden het elke dag suurstof nodig en eintlik ook ‘n portable suurstofmasjien aangesien Standerton gereeld lang stukke sonder krag is.

Caden se gespesialiseerde mediese behoeftes het ‘n groot druk op hulle gesin geplaas waar hulle reeds nie ‘n mediesefonds kan bekostig nie. Caden is soms net eenvoudig nie mobiel genoeg om na die hospitaal te gaan nie en moet die dokter hom dan by die huis kom sien. Sy ma moet konstant bedel vir hulp om na hom om te sien…
6 Mar 2018 3AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min