#JouMenseMyMense

Loading player...
Lindie Strydom het vanoggend gaan kuier in Claremont in Pretoria-Wes by Mce en haar gesin – haar Ouma, Ma, Pa, tweeling boetie en ook klein boet van 13. Mce is 18 jaar oud. Sy is ‘n tripleeg wat beteken 3 van haar liggaamsdele is gestremd en haar tweeling boetie is ‘n hemipleeg. Mce is ook serebraal gestremd, maar ten spyte van haar eie fisiese en liggaamlike uitdagings, het Mce na haar siek ouma omgesien terwyl haar ma kanker gehad het. Mce se ma vertel met trots hierdie dogter is my regter en my linker hand.

Mce en haar boetie is nou klaar met skool, maar sukkel om werk te kry as gevolg van hulle gestremdhede en waar van ons dit as ‘n verskoning sou gebruik om te sê – alles is teen my, hoe moet ek ooit uit hierdie omstandighede uit opstaan, het Mce ‘n klein besigheidjie begin. Sy maak diere groot! Krimpvarkies, eendjies, voëltjies – asof sy gebore is om te gee, liefde te gee en om te sien na iets of iemand wat versorging en liefde nodig het….
10 Apr 2018 4AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min