#JouMenseMyMense saam met SPAR – 24 April 2018

Loading player...
Maria Bere is ‘n huishulp en ‘n enkelma wat hard werk om vir haar kinders ‘n beter toekoms te kan gee. Haar een dogter, Octovia, het ‘n beurs gekry en studeer hierdie jaar Skakelwese en kommunikasie deur UNISA. Op die 20ste Maart was Octovia ‘n slagoffer van ‘n gewapende roof toe sy met ‘n taxi gery het. Die man het ‘n mes by hom gehad waarmee hy die mense gedreig het. Hy het Octovia se laptop, selfoon en handboeke gesteel wat haar ma met hardverdiende geld vir haar gekoop het en nou is daar net eenvoudig nie geld om enige van hierdie items weer te kan vervang nie.
Een van die gesinne vir wie Maria werk, kon vir Octovia help met ‘n ou laptop, en Octovia het self ‘n duisend rand bymekaar gemaak waarmee sy so amper die helfte van haar studiemateriaal weer kon vervang. Toe ons hoor wat met haar gebeur het, was daar nog R1500 se handboeke wat sy weer moet aankoop en ook maar ‘n behoefte vir ‘n selfoon sodat sy as jong meisie in kontak kan bly met haar mense, kan kommunikeer en laat weet waar reis sy wanneer.
Danksy ons vriende van SPAR Northrand en spesifiek Monumentpark SuperSPAR, kan ons vandag vir ma Maria bederf met ‘n bietjie kruideniersware om net weer vir ‘n maand voor te kom na hulle boeke moes koop en toe weer vervang.
En vir Octovia – danksy anonieme borge, kan ons vandag R2000 gee om die laaste handboeke wat sy nodig het weer te koop EN vir ‘n selfoon!
24 Apr 2018 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!
23 Feb 1AM 18 min

Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die…
9 Dec 2024 3AM 28 min

Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir…
18 Nov 2024 6AM 39 min

Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te…
26 May 2024 1PM 35 min

Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.
27 May 2024 9AM 27 min