#JouMenseMyMense
Loading player...
Tannie Annalie (63) is na 7 jaar met Lupus in Januarie 2018 met baie aggressiewe Motor Neuron Siekte gediagnoseer. Dit het haar bolyf heel eerste getref wat beteken sy sukkel om te praat, eet en asemhaal, maar sy was tot nou toe nog redelik beweeglik tot sy gister ongelukkig geval het. Sy het ‘n wonderlike sin vir humor en sal haar laaste sente vir die boemelaar gee. Toe haar man vier jaar gelede siek geword het en na 6 weke in die hospitaal ontslaan is met brein skade en dementia as gevolg van ‘n virus wat sy brein aangeval het, was sy die een wat hom nog al die tyd versorg het. Tannie Annalie en haar man het na die diagnose van die Kaap af by haar dogter en hulle gesin ingetrek.
Met die besef dat die dokter haar ‘n maksimum van 1- 2 maande gee om te leef, het haar dogter ons genader om hierdie droom te help bewaarheid… Tannie Annalie het deur soveel swaarkry nog altyd krag gevind in haar geloof en ‘n rustigheid in Manie Jackson se musiek. Sy het elke konsert in die Strand bygewoon tot sy nie meer kon nie en luister sy CD’s oor en oor… Inteendeel, elke aand lê sy met die foon teen haar oor en luister sy musiek tot sy aan die slaap raak… Soos Natasha sê: “Daar is so min wat ek kan doen om die pyn en agteruitgang beter te maak, maar ek moes ‘n kans vat om te hoor of Manie nie bereid sal wees om een keer vir my ma te kom sing nie…”