Digitale gewoontes vir beter ooggesondheid: Watter gevare hou blou lig in?

Loading player...
Digitale toestelle vorm vandag ʼn inherente, onlosmaaklike deel van handel, sosiale wisselwerking en ontspanning. Hoewel dié tegnologiese vordering sorg vir vooruitgang, hou baie van dié toestelle ook groot gevare vir jou gesondheid in.

Rudine Diedericks, ʼn oogkundige van die landwye oogkundige groep Mellins i-Style, vertel in dié episode in detail oor die gevare van blou lig.
25 May 2018 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

‘Misofo-wat?’ Daar ís hulp as geluide jou wil gek maak

Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn groot invloed op hul daaglikse lewe hê.
4 Aug 21 min

SkoolSlim | Om te lees is om te verstaan

In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê.
30 Jul 30 min

SkoolSlim | Wie bepaal die toekoms van ons skole?

Dié vraag staan sentraal in die tweede episode van SkoolSlim se tweede reeks, waarin dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met dr. Wynand Boshoff, VF Plus-woordvoerder oor onderwys, gesels oor die invloed van die regering van nasionale eenheid (RNE) en die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela)…
17 Jul 27 min