
Grootste onderwyskongres vir Afrikaanse onderwysdroom
Loading player...
Dr. Danie Brink van Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor dié sentrum se onderwyskongres wat binnekort in Gauteng en die Wes-Kaap sal plaasvind. Talle kenners en onderwysspesialiste, asook bekendes soos dr. Japie van Zyl van Nasa en die ekonoom, Dawie Roodt, gaan onderwysers tydens die geleentheid toespreek. Brink vertel ook waarom hy glo ons Afrikaanse onderwysers is van wêreldgehalte en hoe die SOS dié onderwysers wil help om die status te behou.