DZL-manne praat oor húlle ‘realiteit’

Loading player...
Elke nou en dan pryk Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie van die musiekgroep DZL op nóg ʼn glansvoorblad en loop op van die wêreld se glansrykste modeloopplanke. Maar tuis is dié sangers op hul gemaklikste in die Bosveld – sommer met kakies en plakkies.

Die duo het bykans nie ʼn enkele oomblik stil gesit nie ná die uitreiking van hul debuutalbum, DZL, wat hulle onder meer twee Ghoemas besorg het. Nou is DZL se jongste album, Realiteit, onlangs uitgereik, en dié album plaas ʼn streng fokus op sosiale kwessies.
12 Jun 2018 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Hondepark bring groot pootpret na jou voorstoep

ʼn Unieke hondepark open binnekort sy hekke wat beloof om jou hond se stert behoorlik te laat swaai van opgewondenheid en jou eie hart te laat warm klop. Paws & Boots-hondepark se amptelike bekendstelling vind in Mei in Clubview, Centurion, plaas, en jy en jou viervoetige vriende is welkom om…
26 Apr 17 min