#JouMenseMyMense 19 Junie 2018

Loading player...
Hendrik Brits is ‘n enkelpappa wat van Mei maand af as sekuriteitsbeampte werk by Laerskool Hermanstad – die skool waar ons span laas week gekuier het vir ons #Skoolmetdiebestegees projek. En Hendrik moes duidelik indruk gemaak het, want soveel van GROOTfm se personeel het kom vertel van hierdie pappa wat elke oggend reeds 05:30 op sy pos is vir sy dag se skof wat eintlik eers 06:00 begin tot 5 uur die middag. Wanneer die skool Vrydag sluit en die kinders en onderwysers en baie van die ouers ook met vakansie gaan, sal Hendrik daar wees om die skool op te pas. Hy het voorheen ook vir ‘n sekuriteitsmaatskappy gewerk en daarom het hy geweet hy kort ‘n uniform om professioneel te lyk – wat hy toe uit sy eie sak gekoop het tot die skool om terug betaal het. Hy verdien nie ‘n groot salaris nie, maar hy is geweldig trots op sy werk en dit stel hom in staat om vir sy seuntjie in Graad 4 te kan sorg en is ook hoe hy die skoolfonds kan betaal elke maand. Die onderwyers getuig hy is altyd dankbaar, altyd nederig en altyd daar op te dien.

GROOTfm 90.5 is trots op elke Pa wat ten spyte van moeilike omstandighede met trots vir hulle gesinne sorg en ‘n bydrae maak in hulle gemeenskap op watter manier ook al.

Danksy ons vriende, Retha Ingenbleek van SPAR Northrand en Jacques Jones van Monumentpark SuperSPAR, kan ons vandag vir Hendrik bederf met R1000 se kruideniersware! Ons het gehoor sy kantoortjie waar hy dan reeds baie vroeg aanmeld, het nie ‘n ketel nie – so ons vriende van SPAR het daarvoor ook gesorg saam met die koffie, melk en suiker!

Ons kollegas het ‘n ander spesifieke behoefte by Hendrik raakgesien toe hulle Vrydag by die skool gekuier het – sy bril waarvan die een lens heeltemal gekraak is. Toe ons navraag doen by die skool, het Truleen ons vertel Hendrik het net mooi gisteroggend verlof kom vra om te kyk of hy nie iewers Maandag kan regkom met ‘n nuwe bril nie… Ons vriende van Torga Optical Wonderpark het juis vir die hele Juniemaand ‘n promosie waar enige
19 Jun 2018 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!
23 Feb 1AM 18 min

Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die…
9 Dec 2024 3AM 28 min

Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir…
18 Nov 2024 6AM 39 min

Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te…
26 May 2024 1PM 35 min

Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.
27 May 2024 9AM 27 min