#JouMenseMyMese – 03 Julie 2018
Loading player...
Na Rentia se man uitloop en haar los met twee klein kinders en ‘n hoop skuld, beland hierdie enkelmamma en haar kinders by ‘n plek vir hawelose mense. Dit was wel net ‘n tydelike stop op hulle lewenspad, want van daar af stap sy elke dag kilometers ver om ‘n vaste werk te kry en te behou om ‘n nuwe lewe vir haar en haar kinders te bou. ‘n Lewe wat onder andere vandag ‘n klein 2 slaapkamer woonstelletjie insluit. ‘n Veilige dak oor hulle kop wat haar 15 jarige dogter en 11 jarige seun met downsindroom, huis kan noem. Die pa steeds afwesig en werkloos.
Rentia verdien nie ‘n groot salaris by die petrolstasie waar sy werk nie. Sy het dalk genoeg vir wat sy sien as basiese benodighede, maar dit sal ongelukkig nie iets so basies soos ‘n stel wintersklere vir haar kinders insluit nie. Haar seun se spesiale behoeftes en versorging en die spesiale skool waar hy onderrig word, plaas ekstra druk op ‘n begroting waarvan die somme in elk geval nooit sal kan klop nie…
Sy doen alles vrou alleen sonder kla of opgee! Sy werk voltyds, sorg dat die kinders by die skole uitkom sonder haar eie vervoer en danksy haar werk wat bereid is om hulle bakkie vir haar te leen. Sorg altyd dat haar kinders iets het om te eet, al sou dit beteken dat sy self honger gaan slaap. Met baie liefde en groot toewyding, ter wille van haar kinders, ten spyte van haarself, maak sy haar kinders goed groot en sal sy nooit gaan lê nie al was en is haar omstandighede hoe swaar. Want sy bly glo en vertrou haar Skepper vir vandag se brood, maar ook more se uitkoms. Sy glo elke dag in diepe afhanklikheid dat die Here ook vir daardie dag sal sorg soos Hy gister het…
‘n GROOTfm 90.5 dankie vir ons vriende van SPAR wat Rentia en haar kinders vandag verras het met R1000 se kruideniersware!