#JouMenseMyMense Di. 10 Jul

Loading player...
#JouMenseMyMense saam met SPAR

Carla-Mei (8) en haar boetie Graham van Niekerk (13), saam met mamma Cindy-Anne, is aktief betrokke by Rock of Hope, een van Tshwane se plekke van veiligheid waar baba’s en kleuters wat gatraumatiseerd, mishandeld of weggegooi is, versorg word. Sondaemiddae is hulle 3 hier op hulle pos waar hulle help om die baba’s en kleuters kos te gee, te bad en sommer net bietjie liefde en aandag te gee.

Toe Carla-Mei in Maart verjaar het, het sy in plaas van mooi geskenke en speelgoed, haar maats gevra om of geld of babagoed te gee wat sy vir Rock of Hope kon skenk. En nou het hierdie boetie en sussie span weer ‘n plan vir Madibadag wat sommer op die draai is – volgende Woensdag.

Die boodskap van Madibadag wat in 2009 ook deur die Verenigde Nasies erken en verklaar is, is dat oud-president Nelson Mandela 67 jaar van sy lewe gegee het vir die saak wat hy gedien het, miskien kan ons begin deur 67 minute van ons tyd te gee. Die eindoel was nooit net 67 min nie, maar soms geniet ek so ‘n kickstart vir mense wat dalk nog nooit iewers in hulle gemeenskap betrokke was nie. Dis ‘n begin waar jy saam met duisende ander mense op jou klein manier armoede kan beveg en vrede en versoening kan bevorder.

Vir die Van Niekerk gesin is Madibadag nie ‘n eenmalige event nie, maar ‘n momentum van omgee wat hulle ten goede kan inspan hier waar hulle reg deur die jaar betrokke is! Hulle mik om 100 blikke melk in te samel en as ons sien hoe mense hierdie #JouMenseMyMense beginsel uitleef, wil ons en ons vriende van SPAR dit ook ondersteun – vandag in die vorm van R1000 se melk!

Carla-Mei en Graham daag ons uit met hulle voorbeeld en die vraag: “Wat gaan JY doen om jou straat, gemeenskap of land beter te maak as wat jy dit gekry het?”

As jy betrokke wil raak is jy welkom om vir Cindy-Anne te kontak: cindyannev@gmail.com / cindyanneblogger@outlook.com 073 536 1598
13 Jul 2018 2AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min