#JouMenseMyMense – Kiara-Lee 31 Julie 2018

Loading player...
Op 16 Junie is klein Kiara-Lee (7) gediagnoseer met Breinstam Gilomo (DIPG). Die eerste kind in Suid-Afrika. DIPG word gereken as die ergste vorm van brein tumor wat bestaan en kom voor in die middel van die breinstam. Hierdie is nie ‘n tipiese kanker nie, want hy kan nie geopereer word nie, is baie aggressief en aktief en in hierdie stadium ongeneesbaar weens die gebrek aan navorsing.
Lindie Strydom was vanoggend daar tydens Kiara se 20ste (van 30) radiasie-sessies - sonder enige sedasie. "Kiara klim eenvoudig op die tafel en gaan lê gehoorsaam terwyl die vriendelike radioterapeute die groen masker op haar gesiggie sit. En dan kyk sy tjoepstil vir die sterre terwyl hulle haar deurpraat… Sy is al so tuis, opgewonde oor haar plakker by blokkie 20 en kleinsus wat ook een mag plak," vertel Lindie.
Kiara bid elke aand vir al die ander kindertjies reg oor die wêreld wat ook “kolletjies op hulle breine” het, maar het elkeen van ons se gebed baie nodig... En daarom het ons haar vanoggend verras met haar eie gebedskussing en vir Mamma Candice 'n SPAR geskenkkaart om te help met kruideniersware.
Linda Roets, wie se seuntjie saam met Kiara in Graad 1 by Laerskool Tuine is en vir ons 'n briefie ge-e-pos het, sê: "Candice moenie nou bekommer oor ondenkbare begrotings waarvan die somme nie wil klop nie! Sy het 'n goeie werk en mediesefonds, maar die ekstra medisyne, behandeling en heen en weer vervoer na die hospitaal elke dag, plaas 'n groot finansiele las op hierdie enkelmamma en alleen-broodwinner. Enige en alle bydraes maak hulle las ligter, van toiletpapier tot skottelgoedseep."
Loer gerus op @KiarasHavenDIPGWarrior om haar vordering te volg en as jy kan, help asseblief hierdie gesin:https://www.backabuddy.co.za/champion/project/kiaras-haven
1 Aug 2018 2AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min