Linda Korsten kuier in Gister Se Grotes

Loading player...
Linda Korsten is een van 5 kinders van een van die grootste supersterre wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Maar vir haar was Ge Korsten baie meer as net nog 'n naam op 'n plakkaat. Sy het hom pa genoem. Linda het as onderwyseres gekwalifiseer by die Universiteit van Pretoria. Waarna sy by die destydse SAUK aangesluit het om as produksie sekretaresse te werk vir die Afrikaanse Verskeindenheid Departement, waar sy primêr met musiekprogramme gewerk het. Sy het toe onder Louise Smit Produksies as vryskut regisseur begin werk en was later die regisseur van kinderprogramme soos Pumpkin Patch, Kideo, Bimbo en Ketonki.

Meer onlangs was regisseur en mede-vervaardiger van films soos Liefling en Pretville wat deesdae ook 'n landmerk is in Harties. Maar sy en haar man woon tans in Danabaai in die Suidkaap. Ons dink saam met haar terug aan die loopbaan van Ge Korsten.
29 Jul 2018 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min