#JouMenseMyMense - #handsakvolliefde

Loading player...
Altesaam 400 handsakke met 16 verskillende items is die afgelope 2 weke ingesamel vir Lynné de Jager, Menlopret Kleuterskool, Bella Tydskrif en GROOTfm 90.5 se #handsakvolliefde Vrouemaandprojek! ‘n Konserwatiewe skatting van die waarde van die pragtige handsakke met verskillende items wat van parfuum en ‘n serp, tandepasta en ‘n tandeborsel, ‘n waslap en seep, spuitgoed en roll on, lip ice en kougom en tot ‘n haarborsel, hand sanitizer en lyfroom insluit is ongeveer R350 elk, wat beteken dat verskillende vrouens, elkeen met haar eie storie en rede, binne 14 dae R140 000 se items ingesamel het! ‘n Tannie van 87 het so gou as wat sy gehoor het van die projek weggetrek en 3 snesiehouers per dag gebrei. Sy kon 24 van hulle betyds klaar maak. ‘n Ander vrou het vertel hoe die pak van haar 3 handsakke haar gehelp het om, na 2 jaar se wag en probeer, die hartseer en teleurstelling van ‘n miskraam, item vir item weg te pak…

Die eerste 100 handsakke is vanoggend tydens ‘n spesiale Vrouedag funksie by Booysens Beertjies vir die mammas en personeel van hierdie skool geskenk. Die kinders kon vir mamma help om ‘n handsak uit te kies. Een van die mammas wie so stukkie van haar seer met ons gedeel het, se 4 jarige seuntjie het sommer geweet sy mamma kort blomme en tussen al die ander sakke op die tafel, het hy die geblomde een vir haar uitgesoek.

Die boodskap, so saam met hierdie verrassing, was dat elke vrou ‘n “handsak vol wonderlike dinge” van die Here ontvang het. Dis ons werk om die items daarin te gaan ontdek en dan kreatief te gebruik om ons eie wêreld, maar ook die vaal wêreld om ons kleur en geur te gee! Jacques Jones van Monumentpark SUPERspar het vir ons 6 platters met heerlike soethappies geskenk en die Menlopret kleuters het gesorg dat elke Beertjie maatjie ook ‘n sakkie vol bederf kan huis toe vat.

Nog van die plekke waar die handsakke uitgedeel sal word, sluit in Pikanini Kleuterskool in Wolmer en die personeel van Yabana in Soshanguve, ‘n sopkombuis, in
7 Aug 2018 8AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!
23 Feb 1AM 18 min

Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die…
9 Dec 2024 3AM 28 min

Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir…
18 Nov 2024 6AM 39 min

Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te…
26 May 2024 1PM 35 min

Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.
27 May 2024 9AM 27 min