
Skoleondersteuningsentrum wil só uitdagings in Afrikaanse onderwys pak
Loading player...
Dr. Danie Brink, die besturende direkteur van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), het onlangs in Maroela Media se ateljee met Esté Meyer Jansen gesels oor die nuwe onafhanklike instelling van die Solidariteit Beweging se toekomsplanne. Brink verduidelik waar die organisasie in die groter Suid-Afrikaanse onderwysprentjie inpas en hoe die SOS wil help om die toekoms van Afrikaanse gehalte-onderwys te verseker.