#JouMenseMyMense – 4 September – Angelique

Loading player...
Angelique Koekemoer (26) en haar 2 klein seuntjies se hele lewe het op 10 Augustus verander...

Angelique se man, Marinus het oorinfeksie gehad. Gedurende die nag het hy gekla van verskriklike pyn en teen dagbreek was hy in 'n semi-koma. Angelique het die ambulans ontbied en Marinus is in Steve Biko hospitaal opgeneem. Met sy aankoms by die hospitaal het sy hart gaan staan, maar hulle kon daarin slaag om hom weer by te bring. Marinus is dadelik aan ‘n ventilator gekoppel. Die Vrydag het sy hart 7 keer gaan staan. Dokters het vasgestel dat hy breinvliesontsteking het as gevolg van die abses in die oor wat gebars het. Hy is ook met sepsisme gediagnoseer. Die Dinsdag het die dokter gesê Marinus is breindood en teen Woensdag het al sy organe ingegee en is hy oorlede.

Marinus het sy eie besigheid gehad en met eksotiese visse geboer. Angelique was 'n huismamma. Met die tyd wat Marinus in die hospitaal was, is al die visse dood en hierdie gesin se enigste inkomste weg. Daar is ongelukkig ook nie enige polisse wat gaan uitbetaal nie.

Angelique is dankbaar vir almal se hulp, van ousus Liezl en haar familie en die dagmoeder wat soms help met haar kinders tot oom George wat vir haar gratis bestuurslesse gee, maar wil ook so gou as moontlik op haar voete kom en is dringend op soek na werk. Angelique is ‘n gekwalifiseerde verpleegster.

Danksy ons vriende van SPAR, kon ons vanoggend vir Angelique R2000 se kruideniersware skenk en ons is ongelooflik dankbaar vir elke persoon wat al intussen ge-e-pos het met ‘n moontlike opsie van werk vir Angelique!
Soos haar sussie Liezl sê: “Ons bid sonder ophou en weet God sal haar nooit alleen laat nie” en vanoggend was so ‘n tasbare bewys daarvan...
4 Sep 2018 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min