#JouMenseMyMense – 11 September 2018

Loading player...
Ons het vroeër vanjaar by 11 jarige Divenette Streicher se Tannie, Cherize Steyn gaan kuier toe sy ons meer vertel het van hierdie dapper vegtertjie wie se blindederm gebars het na sy aanvanklik verkeerdelik met nierpypontsteking en blaasinfeksie gediagnoseer is. Divenette was ‘n maand en ‘n half in Steve Biko voor sy danksy die bydraes van weldoeners na Kloof Hospitaal oorgeplaas is. Dokters het vasgestel dat daar bakterieë in haar maag is wat haar dik- en dunderm vreet. ‘n Stuk van haar derms moes noodgedwonge ook verwyder word en hulle kon nie die derm weer terugsit nie.

Na 3 maande in Kloof Hospitaal en haar jong lyfie 23kg verloor het so tussen deur 18 operasies, is daar nou nog een groot operasie wat vir haar voorlê aan die begin van Oktober, maar om hierdie hekkie te oorkom, werk haar familie, Tannie Cherize en Oom Hendrian, Ouma Elize en Oupa Swannies onverpoos om die R120 000 in te samel wat hulle nodig het voor Divenette opgeneem sal kan word.

Hulle was nog altyd ‘n baie hegte familie, maar “ons het mekaar se asemhaling geword deur hierdie moeilike tyd,” sê Divenette se ouma Elize. “Jy moet nog lank kuier dat ek jou van al die wonderwerke kan vertel van hierdie prinses van ons.” ‘n Vegter-prinsessie wat droom om eendag juffrou of dokter te word! Toe ons by Mamma Minette en Divenette gaan inloer het by die huis, was ouma einste daar om te help met die skoolwerk. Divenette hoop sy kan volgende jaar weer by haar maats van Laerskool Queenswood aansluit.

Baie dankie vir die pragtige beertjie, bederf pakkie en bos blomme van SPAR en as jy dalk in die posisie is om ‘n bydrae te maak, kan jy gerus vir Cherize kontak: divenette2007@gmail.com of 084 450 7933
11 Sep 2018 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!
23 Feb 1AM 18 min

Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die…
9 Dec 2024 3AM 28 min

Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir…
18 Nov 2024 6AM 39 min

Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te…
26 May 2024 1PM 35 min

Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.
27 May 2024 9AM 27 min