#JouMenseMyMense – Elize Visser – 25 September 2018

Loading player...
Elize Visser het al in Standerd 2 vir haar juffrou gesê sy wil eendag sielkunde swot. Toe daar na skool nie geld is om te gaan studeer nie, het sy soos haar pa, broer, oom en neef by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit waar sy vir 30 jaar lank, die een na die ander eksamen geskryf het terwyl sy die leertjie geklim het tot by Kolonel, toekennings ontvang het en ook die SAPD oorsee verteenwoordig het.

Maar haar passie was om mense se omstandighede beter te maak en sy wou hulle help om hulleself te ontdek soos God hulle gemaak het! Sy wou ‘n blywende verskil maak. ‘n Draaipunt het vir haar gekom toe sy in 2012 met ‘n 2 jaar Bybelse beradingskursus begin. Sy het die eerste aand besef: “Ek is tuis! Ek voel ek leef! Wanneer ek mense met hulle seer help, kan ek prakties die liefde van Jesus uitleef! Kan ek hulle help om hulle lewens te herbou soos ek ook moes uit die as en seer van die verlede…”

Sy het haar 1ste jaar met lof geslaag as die beste student en tydens die tweede jaar, uit die polisie bedank om op 50 voltyds sielkunde te studeer. Sy het haar 4 jaar graad in 3 jaar voltooi en met lof geslaag in Januarie 2018. Sy sê haar man Francois, wie sy eers later in haar lewe ontmoet het (hulle is in 2011 getroud) en haar twee dogters, Marlize en Mari se ondersteuning was en is kardinaal tot haar sukses om vandag haar eie praktyk te hê “Mercy Corner Counselling Centre” (met Jes. 61 as hoeksteen). Maandae help sy Laerskool Gen. Nicholaas Smit se kinders en Dinsdae en Woensdae dien sy by Eleos “Mercy in Action” (Genade in Aksie) waar ons haar gaan verras het.

“My ma gee haar lewe vir almal” sê die briefie wat ons van haar dogter, Marlize af kry, “maar sy kry ook swaar na my pa, Francois vroeër vanjaar in ‘n motorfietsongeluk was. Terwyl hy bewusteloos was, moes my ma die besluit neem om sy linkerbeen te amputeer en weens die breinbesering moet hy alles van vooraf leer.”
26 Sep 2018 2AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!
23 Feb 1AM 18 min

Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die…
9 Dec 2024 3AM 28 min

Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir…
18 Nov 2024 6AM 39 min

Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te…
26 May 2024 1PM 35 min

Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.
27 May 2024 9AM 27 min