#JouMenseMyMense – Onderwyserdag saam met Deirdre

Loading player...
Ons het die afgelope week Internasionale Onderwyserdag gevier, maar moes wag tot die skole weer open om dit saam met ‘n baie spesiale onderwyseres te kan vier…
34 jarige Deidré wei haar lewe daaraan toe om kinders se kennis te verryk! Sy ‘n voltydse onderwyseres by Suiderbergskool, maar ook 'n voltydse Mamma van 'n energieke, "smarty-pants" ses-jarige seuntjie, Lehan….
MAAR - nege maande gelede is Deirdre met Multipel Sklerose (MS) gediagnoseer. MS is 'n outo-immune siekte wat die sentrale senuweestelsel aantas. Ongelukkig het hierdie siekte reeds letsels gelaat op haar brein en haar rugraat, met ‘n impak op die gebruik van haar regterhand en regterbeen asook ‘n kroniese migraine as gevolg van die senuwee agter haar regteroog.
Haar sussie, Lenica raak sommer kwaai as mense sê, maar "Deirdre lyk so gelukkig en of alles ok is.”
“Sy is NIE ok nie! Selfs net die kleinste takie verg geweldige inspanning. Sy voer daagliks ‘n stryd met vertigo en lighoofdigheid, vog op haar brein, gehoorverlies, lamheid in haar arms en bene veral aan die regterkant, intense moegheid, sy sukkel om te sluk en verstik as sy water drink, haar vel jeuk en haar visie blur, sy het kroniese koors en kroniese nek en rugpyn – haar laaste MRI scan het gewys dat 3 van haar nekwerwels gedisintigreer het. Maar, moet asseblief net nie vir haar jammer voel nie! Sy hou niks daarvan nie! Sy het wel almal se liefde en ondersteuning nodig.”
9 Oct 2018 8AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min