#JouMenseMyMense – 30 Okt 2018

Loading player...
Rachel is een van die oudste lede van @Eleos – ‘n niewinsgewende organisasie wat reeds die afgelope 20 jaar minderbevoorregte kinders en gesinne in Pretoria-Wes help. Eleos naam beteken “genade in aksie” en hulle bring genade in aksie deur verhouding te bou met mense sodat mense uiteindelik hulle self kan help. Rachel se reputasie as “nederige, diensbare, lojale planmaker” loop haar vooruit in die Booysens gemeenskap waar sy al die afgelope 16 jaar by Eleos se naskool werk. Sy het ‘n besonderse band met die jong Graad 1 en 2 kinders wie sy elke middag help met van huiswerk doen tot ‘n drukkie wat sommer alles beter maak. As daar net sprake is van ‘n moontlike verhoging vir Rachel, begin sy al klaar planne maak om ‘n sopkombuis te begin of iemand anders daarmee te kan help!

Rachel het na ‘n lang stryd van onsekerheid aan die begin van Oktober uitgevind sy het baarmoederkanker. Dis moeilik vir enige vrou om te hoor en te verwerk, maar soveel te meer as jy die ma van almal se kinders is en ook self twee seuns nog by jou in die huis het. Die een seun is 26 jaar oud en in ‘n rolstoel.

Rachel is Maandag, ‘n week te vroeg by Kalafong Hospitaal opgeneem en toe ons en ‘n paar van die vrywilligers van Eleos haar wou gaan verras, is sy ongelukkig weer onverwags geskuif. Ons was geraak deur hierdie groep vroue wat vir Rachel ‘n spesiale hospitaaltassie begin pak het met van beddegoed en ‘n stelletjie pajamas tot ‘n leesboek en joernaal om bietjie gedagtes te kan neerskryf terwyl sy aansterk in die hospitaal. Asof mens vir Rachel wat vir kinders soveel in hulle lewenstas pak, ook ‘n bietjie liefde en omgee wil inpak vir hierdie moeilike stukkie van haar reis... Saam met ons vriende van SPAR kon ons vanoggend ‘n bydrae maak vir Rachel se hospitaaltassie in die vorm van toiletware en ‘n R1000 SPAR geskenkkaart vir kruideniersware vir haar seuns by die huis. Ons bid vir jou ‘n spoedige herstel, Rachel, want die kinders van Pretoria-Wes verlang al klaar...
30 Oct 2018 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min