#JouMenseMyMense - 6 November 2018 - Die karwagte van Monumentpark SuperSPAR

Loading player...
Elke week koop Lindie by Monumentpark SuperSPAR die blommetjie, geskenk of sakkie kruideniersware waarmee sy iemand gaan verras as deel van ons #JouMenseMyMense projek in samewerking met SPAR. Sy het eintlik al ‘n nie-amptelike staande afspraak met die vriendelike karwagte in die parkeerarea wat weet dat sy iewers deur die loop van ‘n Dinsdagoggend die inkopies sal kom doen. Hulle luister self getrou GROOTfm oppad werk toe en terug en is daarom altyd gretig om te help inpak en om te hoor by wie Lindie hierdie keer gaan kuier. En dan vertel Lindie vir hulle die storie!

Vanoggend was ou Nico, Hendrik, Willem, Francois, Oom Thys, Gerda en die res van die span totaal uit die veld geslaan toe dit hulle beurt is vir ‘n verrassing! Danksy ons vriende van SPAR kon Lindie vir elkeen van die 10 karwagte bederf met ‘n sak kruideniersware. Terwyl ons deur die parkeerarea loop om almal se pakkies uit te deel en met Su-an op lug gesels, hoor Tannie Una van Pierre van Ryneveld dat ons by “haar mense” is. ‘n Paar minute later stop sy by die SPAR om persoonlik te kom vertel wat hierdie manne en vroue al vir haar beteken het. Toe sy van Heidelberg af verhuis het na Pretoria het sy niemand geken nie. Die karwagte was meer as net ‘n vriendelike gesig wat ‘n handjie bygesit het om te help met haar pakkies. Hulle was haar geselskap, haar mense en is vandag nog haar maatjies. So ook die tannie wat nou-nou vir Nico vertel het van haar seun se huis in George wat afgebrand het. Al kan Nico niks doen om dit vir haar beter te maak nie, is hy en sy mense – ons mense – daar om te dien met ‘n oor wat altyd bereid is om te luister…
6 Nov 2018 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min